Doringboom

Tarentaal     tuisblad toe oorsig toe blaai terug blaai om Deutsche Fassung Français - Español - English Stuur vir ons 'n e-pos!     

Doringboom

www.suid-afrika.de

Kleurlingkinders, Graaff-Reinet 'n Beknopte grammatika van die Afrikaanse taal

Die kenmerkende eienskap van Afrikaans is sy buitengewoon eenvoudige grammatiese struktuur wat dit vir die leerling baie maklik maak om die taal aan te leer.

Anders as in die meeste Europese tale is daar net een bepaalde lidwoord vir alle selfstandige naamwoorde, nl. die, en die onbepaalde lidwoord is altyd 'n: die man, die vrou, die kind; 'n man, 'n vrou, 'n kind (der Mann, die Frau, das Kind; ein Mann, eine Frau, ein Kind).

Selfstandige naamwoorde vorm hulle meervoud in die reël deur die toevoeging van -e of -s: dorp - dorpe (Dorf - Dörfer), winkel - winkels (Laden - Läden).

Sommige byvoeglike naamwoorde (byvoorbeeld dié wat uit meer as een lettergreep bestaan) kry die toevoegsel -e indien hulle voor 'n selfstandige naamwoord te staan kom: verkeerd - die verkeerde pad (falsch - der falsche Weg). Die trappe van vergelyking word gevorm met die uitgange -er en -ste: klein - kleiner - die kleinste (klein - kleiner - am kleinsten). 

Die persoonlike voornaamwoorde is soos volg:

Onderwerp Voorwerp Besitlik
Enkelvoud 1e persoon ek my my
2e persoon informeel jy jou jou
                 formeel u u u
3e persoon manlik hy hom sy
                 vroulik sy haar haar
                 onsydig dit dit sy
Meervoud 1e persoon ons ons ons
2e persoon julle julle julle
3e persoon hulle hulle hulle

Werkwoorde word nie verbuig nie, maar het dieselfde vorm vir alle persone, enkelvoud en meervoud. Die teenwoordige tyd is gelyk aan die grondvorm, die verlede tyd word gevorm met het + ge- + grondvorm en die toekomende tyd met sal + grondvorm: doen - het gedoen - sal doen (tut - tat/hat getan - wird tun). Wees en is onreëlmatig:  is - was gewees - sal wees (ist - war/ist gewesen - wird sein), het - het gehad - sal hê (hat - hatte/hat gehabt - wird haben). 

Besondere kenmerke

Opvallend in Afrikaans is die dubbele ontkenning. Die algemene ontkenningswoord is nie, wat met die Duitse nicht of die Nederlandse niet vergelyk kan word: ek verstaan nie (ich verstehe nicht, ik versta niet). As die ontkenning egter nie die laaste woord van die sin is nie, volg 'n tweede "eind-nie" aan die einde van die sin: ek verstaan nie alles nie (ich verstehe nicht alles "nicht").

boontoe  © Doringboom®. Laas bygewerk op 25-05-2018. Stuur vir ons 'n e-pos!

Impressum - Haftung - Datenschutz

reisdiensteAfrikaansontstaansprekersgrammatika uitdrukkings taalkursusse vertalings ons winkelinternetskakelstarentaal