Doringboom

Springbok     tuisblad toe oorsig toe  blaai om Deutsche Fassung Français - Español - English Stuur vir ons 'n e-pos!     

Doringboom

www.suid-afrika.de

Berlyn se Brandenburger TorBerlyn is altyd 'n besoek werd!

Berlyn! Die historiese Duitse hoofstad is na die val van die muur weer as regeringsetel gekies vir die nou herverenigde Federale Republiek. Dit is die vernaamste ekonomiese, kulturele en opleidingsentrum van die land en lok meer besoekers as enige ander plek in Duitsland. Berlyn se bekendste bouwerk, die Brandenburger Tor (Brandenburgse Hek), staan so te sê op die naat waar die twee helftes van die stad aanmekaar gelas is. Veertig jaar lank die sinnebeeld van die verdeling van Berlyn en Duitsland, simboliseer dit nou die samegroeiing van Oos en Wes. Selfs gebore Berlyners kan in verleentheid gebring word deur besoekers wat vra waar presies die muur gestaan het, want van dié gehate bouwerk het amper elke spoor verdwyn. Baie het verander sedert die beroemde nag van 11 November 1989 toe die grens skielik oopgemaak is. Berlyn ondergaan steeds vinnige veranderinge. Baie mense sê dit is die mees opwindende plek in Duitsland, miskien in die hele Europa. Een ding is seker: Berlin ist eine Reise wert! 

Besoek die Duitse weergawe van hierdie bladsy vir inligting oor ons dienste vir reisigers na Suid-Afrika

boontoe  © Doringboom®. Laas bygewerk op 22-02-2010. Stuur vir ons 'n e-pos!

taaldiensteons winkelinternetskakelsspringbok