Doringboom

Springbok     tuisblad toe oorsig toe  blaai om Deutsche Fassung Français - Español - English Stuur vir ons 'n e-pos!     

Doringboom

www.suid-afrika.de

Berlyn se Brandenburger TorBerlyn is altyd 'n besoek werd!

Berlyn! Die historiese Duitse hoofstad is na die val van die muur weer as regeringsetel gekies vir die nou herverenigde Federale Republiek. Dit is die vernaamste ekonomiese, kulturele en opleidingsentrum van die land en lok meer besoekers as enige ander plek in Duitsland. Berlyn se bekendste bouwerk, die Brandenburger Tor (Brandenburgse Hek), staan so te sê op die naat waar die twee helftes van die stad aanmekaar gelas is. Veertig jaar lank die sinnebeeld van die verdeling van Berlyn en Duitsland, simboliseer dit nou die samegroeiing van Oos en Wes. Selfs gebore Berlyners kan in verleentheid gebring word deur besoekers wat vra waar presies die muur gestaan het, want van dié gehate bouwerk het amper elke spoor verdwyn. Baie het verander sedert die beroemde nag van 11 November 1989 toe die grens skielik oopgemaak is. Berlyn ondergaan steeds vinnige veranderinge. Baie mense sê dit is die mees opwindende plek in Duitsland, miskien in die hele Europa. Een ding is seker: Berlin ist eine Reise wert! 

Ons reisdienste vir Berlyn-besoekers

Beplan u 'n besoek aan Berlyn? Doringboom het die kennis en kontakte wat van u besoek 'n onvergeetlike belewenis sal maak!

Ons kan in elke prysklas geskikte akkommodasie vir u behoeftes aanbeveel.

Ons voorsien Afrikaanstalige staptoere deur die historiese sentrum van Berlyn, byvoorbeeld 'n twee-uurse toer wat o. a. Brandenburger Tor, Reichstag, Gendarmenmarkt, Unter den Linden, Berliner Dom, Alexanderplatz besoek.

Ons verskaf praktiese wenke vir openbare vervoer, museums, inkopies, restourante, ens.

Ons kan u help om 'n volledige roete vir u Duitslandtoer uit te werk.

Kortom: Ons is u Afrikaanstalige skakel in Berlyn!  

Besoek die Duitse weergawe van hierdie bladsy vir inligting oor ons dienste vir reisigers na Suid-Afrika

boontoe  © Doringboom®. Laas bygewerk op 25-05-2018. Stuur vir ons 'n e-pos!

Impressum - Haftung - Datenschutz

taaldiensteons winkelinternetskakelsspringbok