Doringboom

Tarentaal     tuisblad toe oorsig toe blaai terug blaai om Deutsche Fassung FranÁais - EspaŮol - English Stuur vir ons 'n e-pos!     

Doringboom

www.suid-afrika.de

Die Kasteel (1666), KaapstadOor die ontstaan van die Afrikaanse taal

Na die stigting van Kaapstad in 1652 het Afrikaans uit 17e-eeuse Nederlands ontwikkel. Die seelui en beamptes van die Verenigde Oost-Indische Compagnie, wat uit verskillende dialekgebiede van Nederland, Vlaandere en Duitsland afkomstig was, is gou vergesel deur setlaars uit Frankryk asook deur slawe en bediendes uit Madagaskar, Ceylon, Java en ander Oosterse lande. Die koloniste het ook in aanraking gekom met inheemse Khoi-stamme, in die volksmond "Hottentotte" genoem. Deur die vermenging van dialekte en die invloed van die gebroke Hollands van vreemdtaliges is 'n ontwikkeling aan die gang gesit wat die verskille tussen die taal van Nederland en diť van die Kaap al hoe groter laat word het. Teen die tyd dat die Britte die Kaap-Kolonie in 1814 geanekteer het, het 'n nuwe afsonderlike taal ontstaan wat toe nog die naam Kaaps-Hollands gedra het. In die middel van die 19e eeu verskyn die eerste boeke in Afrikaans: godsdienstige tekste van die slaamse Maleiers in Arabiese skrif. Met die stigting van die Genootskap van regte Afrikaners in 1875 begin die stryd om Afrikaans as skryf- en amptelike taal te vestig. Die tweede fase van die taalbeweging neem sy aanvang in 1902 na die verlore Vryheidsoorlog teen die Britse Ryk en lewer 'n standaardisering van spelreŽls asook die eerste geskrifte van letterkundige waarde.  In 1925 is Afrikaans uiteindelik as tweede amptelike taal naas Engels erken. Vandag spog Afrikaans met 'n aansienlike literatuur wat alle terreine van kultuur, nywerheid, wetenskap en tegniek dek.

Status

Sedert die politieke veranderinge van die jaar 1994 het die Nuwe Suid-Afrika elf amptelike tale wat volgens die grondwet gelyke regte geniet. Hierdie tale is as huistale soos volg verteenwoordig (sensus  van 1991, getalle in miljoene):

Zulu 8,5 (22,0%)
Xhosa 6,6 (17,1%)
Afrikaans 5,8 (15,0%)
Noord-Sotho 3,7 (  9,6%)
Engels 3,5 (  9,0%)
Tswana 3,3 (  8,5%)
Suid-Sotho 2,6 (  6,7%)
Tsonga 1,7 (  4,4%)
Swazi 1,0 (  2,6%)
Venda 0,9 (  2,3%)
Ndebele 0,6 (  1,6%)
ander 0,5 (  1,3%)

In teenstelling met die grondwet pas die huidige ANC-regering 'n taalpolitiek toe wat 'n bevoorregte posisie in landsbestuur en onderwys aan die internasionale taal Engels verleen ten nadele van die inheemse tale. Desnieteenstaande kom juis Afrikaans tans tot opbloei op nie-staatlike terrein, soos bewys deur stygende oplaes vir Afrikaanse koerante, nuwe radio- en televisie-aanbieders wat in Afrikaans uitsaai, 'n florerende musiek- en kultuurlewe, 'n letterkundige glansperiode van internasionale gehalte en natuurlik 'n sterk teenwoordigheid op die internet. In toenemende mate word daar ook druk op die regering geplaas om sy grondwetlike verpligtinge na te kom.

In NamibiŽ is die toestand minder gespanne. Al is Engels sedert onafhanklikwording in 1990 die enigste amptelike taal, bepaal die alledaagse praktyk dat Afrikaans die omgangstaal is vir die ongeveer 30 taalgroepe in die land. Afrikaans is omstreeks 1800 na Suidwes-Afrika gebring deur Oorlam-stamme van gemengde afkoms en was reeds tydens die koloniale tydperk  die lingua franca van die gebied desondanks die teenstand van die Duitse owerhede. Vandag  beskou omtrent 12% van die 1,5 miljoen NamibiŽrs Afrikaans as hulle huistaal.

boontoe  © Doringboomģ. Laas bygewerk op 16-06-2002. Stuur vir ons 'n e-pos!

reisdiensteAfrikaans ontstaan sprekers grammatika uitdrukkings taalkursusse vertalings ons winkelinternetskakelstarentaal